UMDLOTI, KZN. – Vier mense is dood en nog nege Sondag in ’n minibustaxi-ongeluk op die M4 naby Umdloti beseer toe hulle teen ’n pilaar gebots het.
Volgens Reaction Unit South Africa was hulle omstreeks 19:30 op die toneel. Die beseerdes is behandel voor hulle na verskeie hospitale vir verdere mediese behandeling geneem is.
Die bestuurder van die Toyota Quantum het volgens Rusa op die vlug geslaan.
Bronne: Reaction Unit South Africa, Facebook





