Rolene Strauss het onlangs foto’s gedeel van die kamer wat hulle vir hulle derde seuntjie gereed maak.
Sy sê haar idee was om net die nodigste in die kamer te hê. Sy wou egter hê dat elke item betekenis moet dra. Haar man het byvoorbeeld toe hy klein was in die houtbababed geslaap wat nou in die kamer staan.
Haar oudste seuntjie se eerste paar pantoffels is ook op ’n rakkie bo die bedjie gesit. Sy het ’n area spesifiek vir haar twee seuntjies ingerig sodat hulle deel van die nuwe baba in die huis kan wees.
Bron: Rolene Strauss Facebook





