MPUMALANGA. – ‘n Ambulans is Maandagoggend tydens ‘n protesaksie op die R40 naby Casteel in Bosbokrand aan die brand gesteek. Daar word gevra protesteerders moet wetlik optree.
Moeti Mmusi, die woordvoerder vir die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê Mpupalanga-inwoners word versoek om tydens protesaksies binne die wet op te tree. Protesteerders moenie gewelddadig optree of die regte van ander oortree nie.
Vusi Shongwe, die LUR van die departement, het reageer nadat die ambulans aan die brand gesteek is. Protesteerders moet verstaan hulle het ‘n reg om hulle siening uit te druk, maar dit kan nie regte van ander vervang nie.
“We condemn in the strongest terms the closure of routes particularly R40 because it is route between the province and Limpopo. Businesses are severely affected by this trend of constant road closures which also affects the livelihoods of many. People must refrain from destroying public and private properties regardless of how angry they are,” sê die LUR.
Shongwe sê voorts die polisie spandeer baie tyd aan paaie wat in en om Bosbokrand toegemaak word. Die gemeenskap moet diegene wat kriminele aksies uitvoer en privaat, sowel as staatseiendom en infrastruktuur beskadig en vernietig, rapporteer.
Hy het die polisie gevra om die verantwoordelike persone wat die ambulans aan die brand gesteek het op te spoor.





