KAAPSTAD, WES-KAAP. – Biblioteke is beslis nie iets van die verlede nie. Die stad Kaapstad het ter viering van Wêreldboekedag hulle statistieke rakende biblioteke bekendgemaak.
Nagenoeg 7.1 miljoen kuiersessies is tussen Julie 2023 tot Maart vanjaar by Kaapstadse biblioteke aangeteken. Meer as 18 000 nuwe lede het by biblioteke geregistreer.
Stadsraadslid Patricia van der Ross sê biblioteke is vir baie inwoners ’n plek om verhoudings met stories, woorde en boeke te bou. Ter viering van Wêreldboekedag moedig hulle mense aan om teen hul eie pas, op hul eie tyd en watter titels hulle ook al wil, te lees.
Sy moedig volwassenes aan om vir kinders ’n voorbeeld te stel. “ It is important to read with your children, but also let them see you reading for your own enjoyment. Books and stories should be lifelong companions for both young and old.”
Volgens haar is stories tydloos en doen die stad moeite om op hoogte van die nuutste titels, tendense en leesstof te bly.


Bron: Die stad Kaapstad





