Visserman sterf nadat boot omslaan

Lees ook :

Visserman sterf toe boot omslaan. Foto ter illustrasie: Canva

KAAPSTAD, WES-KAAP. – ’n Man (39) van Ocean View is Saterdag oorlede toe die boot waarin hy en nog twee mans was, in mistige weer naby Bright Waters omgeslaan het.

Volgens die Nasionale Seereddingsinstituut het twee mans by Kaappunt se hoofhek aangemeld dat hulle boot vroeër omgeslaan het en hulle skeepskaptein onder die water verdwyn het.

Die boot is later uitgespoel op die strand gevind en die man se liggaam ongeveer 50 m vanaf die kuslyn, waarna dit op ’n reddingsboot gelaai is.

’n Geregtelike doodsondersoekdossier is geopen.

Bronne: NSRI, IOL

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief