OOS-KAAP. – Unecebo Mboteni (3) het Vrydag gesterf nadat hy Donderdag in Mdantsane by ‘n crèche in ‘n puttoilet geval het.
Kol. Priscilla Naidu sê die kind is hospitaal toe geneem waar hy Vrydag gesterf het.
Die voorval is eers na sy dood aan die polisie gerapporteer.
‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen.





