Verkeersbeampte sterf toe vragmotor hom tref

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Senior provinsiale inspekteur (52), verbonde aan die Piet Retief Cost Centre, het gesterf toe ‘n vragmotor hom Dinsdagaand op die N2 tussen eMkhondo en Pongola tref.

Moeti Mmusi, die woordvoerder vir die departement van gemeenskapsveiligheid en skakeling (DCSSL), sê die verkeersbeampte was aan diens. Hy en ‘n kollega was besig met roetinepligte toe die vragmotor hom getref het. Hy is op die toneel dood verklaar.

Busisiwe Shiba, die waarnemende LUR vir die departement, het medelye teenoor die familie, kollegas en vriende van die afgestorwene uitgespreek.

“We are deeply saddened by the development. We are sending our heartfelt condolences to families, friends, and colleagues of the deceased. Although the investigation is underway, we are calling on law enforcement officers not to be deterred in their quest to make our roads safer.”

Die voorval word deur die polisie ondersoek. Die naam van die beampte sal mettertyd bekendgemaak word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief