Kyk na die foto’s in die berig.
WES-KAAP. – Waterskenkings het die Cape of Good Hope DBV verras toe die organisasie sonder lopende water was en Jan Alleman tot hulle hulp gekom het.
“Here’s proof that heroes wear many faces and not all of them wear capes! When we were left without running water yesterday, it wasn’t Aquaman who answered our call for help, it was the everyday heroes among us!”
Water is van huise regoor die stad in enige houers geskenk. Die DBV sê sommige het van dienste soos Uber Eats en ook Checkers Sixty60 gebruik gemaak om water te laat aflewer.
Die Kirstenhof-gemeenskap het water tot op ‘n punt geneem, waarna dit gelaai en by die DBV afgelewer is. Pick n Pay in Plumstead het 200 liter gebottelde water geskenk. Die skenkings het nie hier gestop nie – ‘n watervragmotor het 2 500 liter water direk in die DBV se watertenk gepomp.
Die DBV het van die foto’s hier onder op hulle webtuiste gedeel.
Dank is uitgespreek, ook vir geld wat geskenk is.






