Motoriste en voetgangers op paaie in KZN geteiken

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Rusa waarsku motoriste en voetgangers in die omgewing van die R102 in Cornubia, Verulam en Phoenix om waaksaam te wees, nadat verskeie steekvoorvalle en moorde in die area voorgekom het.

Reaction Unit South Africa sê die verdagte(s) teiken gestrande motoriste en voetgangers en steek hulle herhaaldelik, voordat daar van die misdaadtoneel gevlug word.

Verskeie motoriste wat met ‘n gebreekte voertuig gaan staan het, is gesteek.

“It is believe that the suspect prowl the main road or resides in an area that has the road visual. Most of these attacks were reported during dark hours.”

Rusa sê lede van Verulam-polisie se misdaadvoorkomingseenheid het hulle ingelig sewe verdagtes is in die betrokke omgewing in hegtenis geneem. Die verdagtes het glo gevaarlike wapens en dwelms in hulle besit gehad.

Hoësigbaarheidspatrollies sal deur Rusa en die polisie in die geïdentifiseerde gebied gedoen word.

Nuusflits het polisiekommentaar gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief