Die skedel van ’n Neanderdal-vrou wat in 2018 in ’n grot in Irak gevind is, is uiteindelik geherkonstrueer.
Haar skedel is in 200 stukke gevind en die driedimensionele rekonstruksieproses het sowat nege maande geneem.
Sy was aanvanklik net as Shanidar Z bekend, maar navorsers het nou ’n duidelike beeld van hoe sy gelyk het. Navorsers moes eers die bene van die skedel versterk voordat die rekonstruksie kon begin.
Volgens dr. Emma Pomeroy, paleontoloog aan die Universiteit van Cambridge, help dit die mensdom om ’n konneksie met die geskiedenis te vind.
’n Driedimensionele beeld van die skedel is aan die Nederlandse kunstenaars Adrie en Alfons Kennis vir finale afronding gegee.
Bronne: BBC, CNN





