Eben Etzebeth praat oor Ierse span se ‘arrogansie’

Lees ook :

Ierse span se ‘arrogansie’
Foto: Op lêer

Lees ook: Balju voer klopjag uit op Louis Liebenberg se woning

Eben Etzebeth het in ‘n onlangse onderhoud op The Rugby Pod gesê Ierland se “arrogansie” het veroorsaak dat hulle die Wêreldbeker-rugby verloor het.

Etzebeth het gesê na Suid-Afrika se wedstryd teen Ierland het die Ierse spelers vir hulle gesê: “Sien julle in die final”.

Volgens hom het hy besef Suid-Afrika gaan teen Frankryk speel en Ierland gaan teen Nieu-Seeland te staan kom en het dadelik gedink: “Dink hulle nie eens aan die All Blacks in ‘n Wêreldbeker-toernooi waar hulle teen hulle gaan speel nie?”

Hy was van mening hulle maak ‘n groot fout om verby die mees dominante span in die laaste 20 of 30 jaar van toetsrugby te kyk. Etzebeth het verder gesê dit is goed om vol selfvertroue te wees, maar mens kan nooit arrogant wees in rugby nie, want een fout kan jou op jou boude laat beland.

Bronne: PlanetRugby, SA Rugby Magazine, SABC Sport

Lees ook: Tiener (16) in hegtenis wat sê hy wil as martelaar by Olimpiese Spele doodgaan

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief