MPUMALANGA. – Meer as R4 m. se vermeende kokaïen is by ‘n man (23) gevind na hy Donderdagmiddag in ‘n ongeluk op die N4 by Valencia naby Mbombela (Nelspruit) was.
Kol. Donald Mdhluli sê ‘n sleepwa het in die ry van ‘n Kia-bakkie afgebreek. Polisielede is na die toneel.
Mdhluli sê tydens die voorval is ‘n wit poeier gemors wat in ongeveer agt kratte was. Die honde-eenheid en direktoraat vir priotiteitsmisdaadondersoeke is ontbied. Die poeier, vermoedelik kokaïen, weeg ongeveer 11 kilogram en het ‘n straatwaarde van ongeveer R4 583 370.
‘n Navraag is geregistreer en die bestuurder van die voertuig is vir ondervraging geneem.
Die poeier sal getoets word, maar die polisie vermoed dit is ‘n besending kokaïen wat vermoedelik vir Gauteng bedoel was.
Die ondersoek duur voort.







