Boetie en sussie doodgeskiet waar hulle speel

Lees ook :

Foto: IOL

WES-KAAP. – Loyola Gwadiso (8) en Khanide (1) is Maandagmiddag in Gugulethu, waar hulle naby hulle huis gespeel het, doodgeskiet.

Sers. Wesley Twigg sê Gugulethu-polisie ondersoek die dubbelmoord.

Na bewering het onbekende mans op mekaar geskiet en die kinders is in die spervuur getref. Albei kinders is met aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Die verdagtes het van die toneel gevlug, maar die ondersoek duur voort.

Enigiemand met inligting word versoek om na vore te kom.

IOL sê die kinders was ongeveer 15 meter van hulle Lotus Park-huis in ‘n informele nedersetting toe hulle getref is. Die meisie is onder die ken en in die bors getref. Die seun is in die kop en maag getref.

Bronne: SAPD en IOL

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief