Lees ook: Suid-Afrikaanse Courtnae Paul mik vir Olimpiese breakdance glorie
Amazon het hulle webtuiste amptelik in Suid-Afrika geloods. Suid-Afrikaners kan nou die Amazon-toep aflaai of hulle webtuiste www.amazon.co.za besoek wanneer hulle inkopies wil doen.
Amazon het verlede jaar aangekondig hulle gaan in Suid-Afrika begin verkoop, wat baie opwinding onder klante veroorsaak het, maar ook kommer vir plaaslike besighede en ander aanlyn verkoopplatforms.
Die webtuiste bied produkte van beide internasionale en plaaslike handelsmerke. Amazon werk ook met goGOGOgo, ‘n nie-winsgewende organisasie, wat oumas help om hulle kennis en vaardighede op te bou.
Geskenksakke wat met die hand gemaak is, is by Amazon te koop. Die projek help oumas om vir hulle families te sorg.
Meer as 60% van die items wat deur Amazon verkoop word, kom van onafhanklike verkopers.
Bronne: IOL, Stuff, Biz Community
Lees ook: Suid-Afrikaanse Courtnae Paul mik vir Olimpiese breakdance glorie

