Beweerde meesterbrein van onwettige mynery doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Lesotho-burger, na bewering ‘n meesterbrein in onwettige mynery, is die naweek in Soweto deur die polisie doodgeskiet. Verskeie suksesse is met operasie Vala Umgodi behaal.

Brig. Athlenda Mathe sê die nasionale intervensie-eenheid het die gesoekte verdagte in Jabulani in Soweto opgespoor. Hy word met ten minste 29 onwettige mynverwante moorde in Florida verbind, asook ‘n voorval in Nomzamo in Soweto waar 16 persone in ‘n plaaslike kroeg vermoor is.

Die verdagte het ‘n vuurwapen op die polisie gerig en arrestasie teengestaan, waarna hy deur die polisie doodgeskiet is.

Mathe sê die soektog na die verdagte was deel van operasie Vala Umgodi.

Tydens die begin van die operasie het spanne meer as 4 774 verdagtes in verskeie provinsies vir verskeie verwante misdade in hegtenis geneem. ‘n Totaal van 146 vuurwapens, 78 voertuie, 79 vragmotos en 33 TLB’s is gekonfiskeer. Ook is op altesaam R4 m. in kontant en 7 130 ongeslypte diamante met ‘n waarde van R32 m. beslag gelê.

Operasie Vala Umgodi is in Desember 2023 begin. Verskeie departemente, onder andere die weermag en departement van minerale en energie, is betrokke.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief