Lees ook: Blitsige SA-aflosspan sal aan Olimpiese Spele deelneem
JOHANNESBURG. – Suid-Afrika se Courtnae Paul mik om aan die kategorie vir breakdance deel te neem.
Paul (32) is een van sewe Afrika breakdancers wat deelneem aan kompetisies om vir die Paryse Olimpiese Spele te kwalifiseer. Sy is een van twee Suid-Afrikaanse breakdancers wat in die kwalifiserende rondtes in Shangai en Boedapest gaan deelneem.
40 ander vroulike dansers dwarsoor die wêreld neem deel aan die kwalifiserende rondtes wat vandeesmaand en volgende maand plaasvind. Net 16 dansers gaan aan die Olimpiese Spele deelneem.
Bronne: SuperSport, IOL, The Africa
Lees ook: Blitsige SA-aflosspan sal aan Olimpiese Spele deelneem





