Prinses Beatrice praat oor haar ma se kankerdiagnose

Lees ook :

Prinses Beatrice praat oor haar ma se kankerdiagnose
Prinses Beatrice praat oor haar ma se kankerdiagnose fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: Koning Charles se begrafnisplanne gereeld bygewerk na kankerdiagnose

VK. – Sarah Ferguson is in Januarie met velkanker gediagnoseer na sy ‘n paar moesies laat verwyder het. Dit is ontdek ná haar rekonstruktiewe chirurgie nadat borskanker verlede jaar by haar ontdek is.

Prinses Beatrice, haar dogter, het oor haar ma se gesondheid in ‘n TV-onderhoud gepraat.

Die prinses het gesê haar ma is die “all clear” deur haar dokters gegee. Sy het gesê haar ma doen nou goed en is gesond. Prinses Beatrice het ook gesê sy en haar suster is trots op hulle ma dat sy stappe geneem het om na haar gesondheid te kyk.

Die koninklike familie het ‘n moeilike jaar in terme van gesondheid gehad na Ferguson in Januarie met kanker gediagnoseer is, koning Charles in Februarie en prinses Kate in Maart.

Bronne: The Independent, People, Metro

Lees ook: Koning Charles se begrafnisplanne gereeld bygewerk na kankerdiagnose

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief