NOORD-KAAP. – Die polisie vra steeds hulp om die ma van ‘n pasgebore baba op te spoor nadat ‘n hond op 18 Julie 2023 met ‘n baba se skedel by sy huis in Leerkrans opgedaag het.
Sers. Omphile Masegela sê die polisie is gebel nadat die hond met die skedel opgedaag het. Tydens ondersoek is die res van die baba se liggaam in ‘n veld naby die huis gevind. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geregistreer.
Dit is steeds onbekend wie die ma van die baba is en die polisie vra die hulp van die publiek om haar op te spoor, sodat die saak afgesluit kan word.
Enigiemand met inligting word gevra om sers. Bahedile Nkwdipo by 082 495 4615 te bel.





