Man met geld glo na mall gevolg, gewond en beroof

Lees ook :

Foto: Google Maps

LIMPOPO. – ‘n Man (48) het Maandagoggend met kontant van Limpopo Cash and Carry Supermarket na die Savannah-mall gery om die geld te deponeer. Hy is glo deur verdagtes in die voet geskiet en beroof.

Kol. Malesela Ledwaba sê twee gewapende verdagtes het die slagoffer omstreeks 11:00 in die mall gekonfronteer. Een van die verdagtes het die slagoffer glo onverwags in die regtervoet geskiet, wat veroorsaak het dat hy die sak geld by hom op die vloer gegooi het. Die ander verdagte het die geld opgetel en hulle het weggehardloop. Die slagoffer het sy gelisensieerde vuurwapen uitgehaal en op die verdagtes geskiet, waarna hulle teruggeskiet het. Die verdagtes het met die geld in ‘n wit Hyundai van die toneel gevlug.

Ledwaba sê ‘n mannejag vir die twee verdagtes is geloods. Enigiemand met inligting word versoek om lt.kol. Paul Ragophala by 082 729 0171 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief