Brekende Nuus
Afrikaans

Saak teen man uitgestel wat glo blitspatrollielede doodskiet

Saak teen man wat glo blitspatrollielede doodskiet uitgestel

fotokrediet: Skermgreep
Saak teen man wat glo blitspatrollielede doodskiet uitgestel fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Man wat glo Kimberley-blitspatrollielede doodskiet vir waarneming gestuur

KIMBERLEY. – Die saak teen die man wat glo twee blitspatrollielede in Kimberley doodgeskiet het, is uitgestel.

Daniel Wilfred Alberts, wat 30 dae sielkundige waarneming moes ondergaan, het vlugtig in die Kimberley-landdroshof verskyn. Hy word beskuldig van die moord op sers. Kedimetse Masilo en konst. Okaetse Mandindi na ‘n hoëspoedjaagtog. Alberts het glo ‘n kar in Bloemfontein gesteel en is deur die twee polisielede genader toe hulle hom in hegtenis probeer neem het. Hy het hulle glo doodgeskiet en is later die dag in hegtenis geneem.

Die saak teen Alberts is tot 5 Junie uitgestel wanneer dit in die Noord-Kaapse hooggeregshof sal begin.

Bronne: SABC, OFM

Lees ook: Man wat glo Kimberley-blitspatrollielede doodskiet vir waarneming gestuur