Vrou met lewendige krewe op lughawe gevonnis

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Shi Zhuming (51) is vir 158 lewendige krewe in haar bagasie op O.R. Tambo Internasionale Lughawe ‘n boete van R50 000 en ‘n opgeskorte vonnis van vyf jaar opgelê.

Kapt. Lloyd Ramovha sê Zhuming het op 4 Januarie probeer om die krewevan Harare af by Ortia die land binne te bring. Die krewe is gekonfiskeer en aan omgewingsowerhede oorhandig.

Zhuming, ‘n Chinese burger wat naby East Gate woon, is in hegtenis geneeem en het in die Kempton Park-landdroshof verskyn. Sy is op R30 000 borg vrygelaat.

Sy is Maandag skuldig bevind vir die onwettige besit van die krewe wat in terme van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur se Wet op Biodiversiteit (Nemba) ‘n beskermde spesie is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief