PRETORIA, SUID-AFRIKA. – Die bus wat Dinsdagmiddag om 15:00 op die R80 naby Theo Martins-poort vlamgevat het, het skoolkinders vervoer.
Volgens Pro Med Emergency Services was daar hoërskoolkinders op die bus wat daagliks na en van die skool pendel. ’n Totaal van 13 kinders is vir rookinaseming en ligte brandwonde behandel.
Tien van die kinders is hospitaal toe vervoer vir verdere mediese behandeling. Geen ernstige beserings of sterftes is aangemeld nie.
Die oorsaak van die brand word ondersoek.
Bronne: Pro Med Emergency Medical Services, Facebook





