Lees ook: Prinses Beatrice praat oor haar ma se kankerdiagnose
VK. – Koning Charles het besluit prins William sal prins Harry se ou weermagregiment lei. Prins William sal ná koning Charles die leier van die 3 Regiment Army Air Corps word.
Albei broers was in die weermag, maar Harry het tot 2014 in die 3 Regiment Army Air Corps gedien.
Verskeie mediaverslae meld Harry sou waarskynlik die eer ontvang het as hy nie in 2020 as ‘n werkende koninklike uitgetree het nie.
Die aankondiging volg na die nuus dat die koning nie vir Harry sal sien terwyl hy in die VK is vir die 10de bestaansjaar van die Invictus Games nie. Dit is bevestig niemand van die koninklike gesin sal die byeenkoms bywoon nie.
Bronne: The Independent, Metro, New York Post
Lees ook: Prinses Beatrice praat oor haar ma se kankerdiagnose





