Zimbabwiërs aangekeer na vervalste petroleumolie gekonfiskeer is

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Vier Zimbabwiese burgers is in hegtenis geneem na altesaam 3 000 liter vervalste petroleumolie ter waarde van R225 000 Dinsdag deur die polisie in Centurion gekonfiskeer is.

Kol. Amanda van Wyk sê inligting is ontvang en ‘n deursoeking-en-beslagleggingslasbrief is bekom. Daarna is ‘n operasie deur die nasionale vervalsingseenheid, die kommersiële misdaadondersoekeenheid en handelsmerkbeskermers geloods.

Die olie, wat verskeie handelsmerke naboots, is in die voorstad van Monavoni in Centurion gevind. Vier Zimbabwiese burgers, wat in hegtenis geneem is, se status om in die land te wees sal met behulp van die departement van binnelandse sake ondersoek word.

Die verdagtes sal na verwagting op ‘n aanklag van die oortreding van die wet op vervalste goedere in die hof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief