Eskom sê: ‘Hier is die feite’

Lees ook :

Eskom sê: “Hier is die feite” Foto: Eskom

Die kragvoorsiener Eskom het duidelikheid gegee oor hulle gasturbines en gerugte aangaande oormatige dieselgebruik om die ligte aan te hou. Dit volg na 44 dae sonder beurtkrag.

Volgens Eskom is die opskorting van beurtkrag as gevolg van genoegsame kragopwekking, en het dit niks met die komende politieke verkiesing te make nie.

Onbeplande kragonderbrekings het sedert 26 April 2024 met 4 400 MW gedaal. Hulle skryf dit toe aan die sukses van die opwekkingsherwinningsplan wat in Maart 2023 reeds begin is.

Eskom voorspel verder dat hulle in die winter ook genoegsame kragopwekkingseenhede sal hê deur hulle stasies en oopsiklus-gasturbines (OCGT’s) optimaal en strategies aan te wend.

Slegs 19.7% van hulle dieselbegroting vir die huidige finansiële jaar is volgens hulle reeds gebruik.

“Contrary to media reprorts and speculations, Eskom’s utilisation of OCGT’s is closely monitored and their role is strategic rather than extensive.”

Bron: Eskom

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief