Kyk: Aurora-verskynsel in SA waargeneem

Lees ook :

Kyk: Aurora-verskynsel in SA afgeneem. Foto: Albertus Horn

Suid-Afrikaners het hul vroeg Saterdagoggend reeds na sosiale media gehaas om te hoor of ander ook die sogenaamde rooi ligte deur die nag in die hemelruim gesien het.

Dit is vinnig bevestig. Die Aurora Australis, ook bekend as die Suidelike ligte, het die donker nag met skakerings van blou, pers, groen en rooi gevul.

Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionele Ruimteagentskap is dit as gevolg van ’n geomagnetiese storm wat deur intense sonvlamme plaasvind. Die son se vlamme is dus meer intens en beïnvloed die magnetiese velde rondom die aarde, wat dan die verskillende skakerings veroorsaak.

Fotograaf Albertus Horn het die verskynsel net na middernag Saterdagoggend op Bretby in die Kuruman-distrik afgeneem. “Dit het begin met ’n gloei en toe word dit rooi pilare wat dans.”

Die verskynsel is ook in onder andere Kleinbaai, Bloemfontein, en Oudtshoorn waargeneem.

Albertus Horn het die volgende foto’s geplaas:

Fox Weather het ’n video-samestelling gemaak:

Bronne: Albertus Horn Facebook, Reënval in SA, Fox Weather, TikTok, SA Nasionale Ruimteagentskap

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief