Kyk: Hondjie uit vullisdrom gered

Lees ook :

Kyk: Hondjie uit vullisdrom gered. Foto: Cape SPCA

KAAPSTAD, WES-KAAP. – ’n Hond is onlangs uit ’n vullisdrom in die Grassy Park-woonbuurt in Kaapstad gered.

Volgens Kaapstad se Dierebeskermingsvereniging het hulle ’n klagte van ’n bekommerde inwoner ontvang van ’n hond wat in ’n vullisdrom aangehou word.

Inspekteur Werner Taljaard het gaan ondersoek instel. By die perseel het hy op ’n swart vullisdrom vol reënwater afgekom. Tjankgeluide het hom na ’n bedekte staalvullisdrom ’n ent verder gelei.

Hy het ’n stuk hout van die vullisdrom af verwyder en ’n hondjie saam met ’n stuk materiaal, ’n NikNaks-sakkie en ’n teddiebeer in die vullisdrom aangetref.

Die hond is Nik Nax genoem. Volgens Taljaard het sy met haar stert tussen haar bene haarself klein probeer maak. Hy het haar uit die vullisdrom verwyder, maar kon dit nie oor sy hart kry om haar in die gebruiklike DBV-hok agter in sy voertuig te laai nie.

Sy het op die passasiersitplek saam met hom na die kantoor gery.

Ondersoek is aan die gang na die omstandighede waarin sy aangehou is. Haar eienaar word deur moontlike aanklagte van dieremishandeling in die gesig gestaar.

Die Cape of Good Hope het die volgende foto’s en video op hulle sosiale media geplaas:

@capespca

🐶 A puppy has been rescued from a terrible ordeal thanks to the vigilant eye of a compassionate individual and the unwavering support of the donors who rally behind the efforts of the SPCA. 🚨 Responding to a report of a dog being kept in a “dustbin” Inspector Werner Taljaard approached the first bin he could see on the Grassy Park property – a black wheelie bin. But it was filled with rainwater. He could hear the cries of a dog in distress close by, but he couldn’t see another bin. Following the sound of the cries, he realised they were coming from a covered steel drum. His heart broke when he lifted first a heavy piece of wood and then the cover to find a pair of brown eyes looking up at him from alongside an empty Nik Naks packet, a dirty blanket scrap and a teddy bear. Three of the four belonged in the bin, one absolutely did not. Follow the LINK IN OUR BIO to read the full story👆 🦸‍♂️ Inspector Taljaard is a hero because he spends his days defending the vulnerable, you’re our hero too because you make it possible. Unleash your inner hero, donate now. #AnyoneCanBeAHero #HeroesOfTheSPCA #AnimalRescue #AnimalWelfare #PuppyRescue #CapeSPCA #CapeTown

♬ original sound – Cape of Good Hope SPCA

Bron: CAPE SPCA, TikTok

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief