WES-KAAP. – Alreeds 118 uur nadat die gebou in Victoriastraat in George in duie gestort het, is die reddingspanne met nog ‘n persoon in kontak wat in die puin vasgekeer is.
Volgens die George-munisipaliteit kon die persoon water gegee word, alhoewel dit nog ure kan neem om hom uit te grawe. Mediese spanne is deurentyd op die ramptoneel.
Na amper vyf dae is daar soos voorheen berig van die 81 persone op die perseel ten tyde van die ramp reeds 13 oorlede en 42 gered. Daar word na nog 39 persone in die puin gesoek.
“The Joint District Operations Centre adheres to a rigorous double verification protocol in reporting rescue and recovery numbers, collaborating closely with recovery teams, hospitals, and forensic services.
In our ongoing efforts to support survivors and families, we issue a call for professional psychosocial support practitioners proficient in Chewa, Portuguese, and Shona languages. Practitioners can reach out to Kholiswa Jobela at 078 210 5972 or Apolus Swart at 061 504 4205.”
Daar word steeds veiligheidshelms, veiligheidsbrille, koplampe en konstruksiehandskoene benodig.
“These items can be delivered to GRDM Fire Station, Pearl Road, Tamsui Industria. We thank Love George, Gift of the Givers and George Alert Team for coordinating the donations with the support of Lions Club, Rotary, a number of small and big businesses, neighbourhood watches, faithbased organisations and members of the general public.”
Nuusflits het voorheen soos volg berig:
WES-KAAP. – Te midde van hoop, bloedsweet en trane het die dodetal van die ramp in Victoriastraat in George tot twaalf gestyg.
George-munisipaliteit sê na ‘n voorval met ‘n privaat hommeltuig het Acsa (die Lughawensmaatskappy van SA) die rampperseel as ‘n No-Fly Zone verklaar. Motoriste word ook gevra om die straat te vermy om swaarvoertuie wat bourommel van die toneel wegry spasie te gun.
Daar word steeds na 41 van die 81 persone in die puin gesoek. Die persoon wat oorlede is, was een van die 16 kritiek beseerdes wat reeds uit die puin gehaal is. Van 33 beseerdes is daar nog 13 in die hospitaal.
George Herald het eksklusief met ‘n oorlewende wat uit die puin gehaal is, gepraat. Daar is ook Lucas du Preez wat vir families van diegene wat steeds gesoek word die trekklavier bespeel. Die junior stadsraad en ‘n kerkgroep is ook in die omgewing om te sing en te bid.
Alderman JP Smith het met ‘n sosialemediaplasing foto’s (hier onder) gewys hoe daar met ‘n kamera onder die sementblokke ingekyk word. Swaar masjinerie word gebruik om die sementblokke te verwyder.





