Interpol betrokke in soektog na The Fly

Lees ook :

Interpol betrokke in soektog na ontsnapte gevangene
Interpol betrokke in soektog na ontsnapte gevangene fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Ontsnapte gevangene steeds skoonveld

FRANKRYK. – Interpol het ’n internasionale lasbrief vir die inhegtenisneming van Mohamed Amra, alias The Fly, uitgereik na hy Dinsdag uit aanhouding in Normandië ontsnap het.

Amra het Dinsdag ontsnap terwyl hy na ’n ander gevangenis vervoer is. Aanvallers het die konvooi op ‘n geheime roete ingewag. Polisielede het die twee voertuie waaruit die vyf gevangenes ontsnap het in afsonderlike gebiede gekry waar dit aan die brand gesteek is. Twee gevangenispersoneellede is in die aanval gedood en drie ernstig beseer.

Interpol het ’n rooi kennisgewing vir Amra uitgereik omdat hy gesoek word vir onder andere bendebedrywighede en vir moord. Hy is glo die baas van ’n dwelmhandelnetwerk en is voorheen 13 keer aan misdrywe skuldig bevind.

Hy was nou in die tronk vir roof en inbraak en is aangekla in ’n ontvoering wat gelei het tot die dood van ’n man in Marseille.

Bronne: Mirror, Le Monde, New York Times

Lees ook: Ontsnapte gevangene steeds skoonveld

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief