Ontsnapte gevangene steeds skoonveld

Lees ook :

Soektog na ontsnapte gevangene duur voort
Soektog na ontsnapte gevangene duur voort fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Twee gevangenisbeamptes dood in aanval op voertuig met gevangenes

NORMANDIë, FRANKRYK. – Die polisie in Normandië, Frankryk, is steeds op soek na ‘n berugte gevangene wat gister saam met vier makkers ontsnap het na ’n aanval op ‘n voertuig met gevangenes.

Mohamed Amra, wat glo verbind is aan ’n bende en dwelmhandel, het ontsnap na die voertuig wat hom tussen gevangenisse vervoer het, ingewag is. Amra was in die tronk vir ’n inbraak en is in Marseille aangekla vir ’n ontvoering wat tot ’n dood gelei het.

Onbekende gewapende mans het op die voertuig geskiet en twee gevangenisbeamptes doodgeskiet. Drie beamptes is in die aanval beseer.

Die verdagtes het gevlug in twee voertuie wat in verskillende gebiede verbrand gevind is.

Bronne: BBC, Metro, LBC

Lees ook: Twee gevangenisbeamptes dood in aanval op voertuig met gevangenes