Verbyryskietery op ‘daggawinkel’ beseer twee

Lees ook :

Foto: KZN VIP Protection Services

KWAZULU-NATAL. – Twee persone is Woensdag omstreeks 22:10 ernstig beseer toe ‘n man op ‘n plaaslike “daggawinkel” in die Grove End geskiet het.

KZN VIP Protection Services sê KZNVIP Medics is na die toneel ontbied waar beide persone met verskeie skietwonde gestabiliseer is. Hulle is vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer.

‘n Man het na bewering uit ‘n silwerkleurige Toyota geklim en lukraak op die winkel geskiet.

Omstandighede van die skietery kan nie bevestig word nie, maar owerhede was teenwoordig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief