Twee sterf toe bestuurder glo swenk om beeste te vermy

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Twee persone het Saterdag gesterf toe drie voertuie omstreeks 18:15 op die R334 Rockland/ Uitenhagepad in ‘n ongeluk betrokke was na vermoedelik vir beeste uitgeswenk is.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê Kariega-speurders ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.

Na bewering het die bestuurder alleen in ‘n Avanza in die rigting van Kariega gereis. Hy het glo probeer om beeste in die pad te vermy en trompop met die VW Golf gebots. ‘n VW Polo het glo daarna in die agterkant van die VW Polo vasgery.

Die onbekende bestuurder van die Avanza en ‘n vrou (30) in die VW Golf het op die toneel gesterf, terwyl die bestuurder van die VW Golf vir mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief