Brekende Nuus
Afrikaans

Man en vrou verdrink, een persoon nog vermis

Foto: NSRI
Foto: NSRI

OOS-KAAP. – ‘n Man en vrou het Sondag by Summerstrand verdrink, terwyl nog ‘n persoon, vermoedelik ‘n man, steeds vermis word.

Mike Whittal van NSRI Gqeberha sê drie plaaslike persone het in die branderplanksone vermis geraak terwyl hulle geswem het.

Reddingswemmers, die polisie se soek-en-reddingseenheid en regeringsnooddienste is ontbied. ‘n Soektog is geloods en die liggame van ‘n man en vrou is uit die water gehaal. Beide is dood verklaar. Die polisie het twee geregtelike doodsondersoeke geregistreer.

Daar word na nog ‘n vermiste manspersoon gesoek.