Sassa vra begunstigdes om kennisgewings te lees

Lees ook :

Foto: Sassa

Sassa vra begunstigdes om kennisgewings en briewe wat deur die departement uitgereik word, te lees.

Sommige kennisgewings kan moontlik begunstigdes se maatskaplike toelaes beïnvloed.

Verder vra die agentskap begunstigdes moet adresse en ander besonderhede en omstandighede wat verander, so gou moontlik aanmeld sodat hulle kennisgewings betyds kan ontvang en die staking van maatskaplike toelaes vermy kan word. Omstandighede wat kan verander, is byvoorbeeld wanneer ‘n begunstigde trek, trou en die finansiële of mediese situasie verander.

“Sassa waarsku dat versuim om saam te werk tydens die toelaehersiening, die betrokke raak by bedrieglike aktiwiteite of wanvoorstelling wat lei tot die goedkeuring van die toelae, en versuim om vereiste dokumente in te dien, tot die opskorting van die maatskaplike toelae kan lei.”

In gevalle waar die toelaag opgeskort is, moet binne 30 dae van opskorting vir hersiening aansoek gedoen word. Opskorting kan die gevolg wees van versuim om vir meer as drie opeenvolgende maande Sassa-geld te vorder, of versuim om veranderde besonderhede/ omstandighede aan te meld.

Bron: SAnews.gov.za

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief