Meer as 26 000 mense het hepatitis C na bloedoortappings gekry

Lees ook :

Meer as 26 000 mense het hepatitis C gekry na bloedoortappings
Meer as 26 000 mense het hepatitis C gekry na bloedoortappings fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel ontken verantwoordelikheid vir Iran-president se dood

LONDEN. – ’n Verslag is in Londen vrygestel wat toon 3 000 mense is dood en meer as 30 000 is siek na hulle vanaf 1970 tot 1991 besmette bloed tydens oortappings ontvang het.

Meer as 30 000 persone het hepatitis C gekry na hulle besmette bloed in dié tyd tydens bloedoortappings in die VK ontvang het. Sowat 1 250, insluitend 380 kinders, het HIV-besmette bloed ontvang. Sowat 5 000 mense het ’n chroniese vorm van hepatitis C ontwikkel.

Die bloed is deur dwelmgebruikers of gevangenes geskenk en is nie ordentlik getoets vir oordraagbare siektes nie.

Die eerste minister, Rishi Sunak, het die slagoffers en hulle families om verskoning gevra vir die fout van Britse owerhede. Hy het gesê die regering sal die slagoffers en hulle families vergoed. Sunak het ook gesê die regering sal die verslag se aanbevelings bestudeer om seker te maak so iets gebeur nie weer nie.

Bronne: NY Times, BBC, The Guardian

Lees ook: Israel ontken verantwoordelikheid vir Iran-president se dood

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief