Vuurwapens by hospitaal gekonfiskeer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Altesaam 38 pistole en vyf gewere is Donderdag omstreeks 18:00 deur Mthatha-polisielede by ‘n groep persone by Nelson Mandela-hospitaal gekonfiskeer.

Kol. Priscilla Naidu sê die polisie het ‘n klagte van die hospitaal ontvang. ‘n Groep mense van ‘n taxivereniging het glo by die hospitaal byeengekom. Die groep wou nie na veiligheidswagte luister nie. Pasiënte en personeel van die hospitaal het geïntimideer en bedreig gevoel en vir hul veiligheid gevrees. Die polisie het tussenbeide getree en die groep deursoek. Naidu sê baie van die mense in die groep was bewapen. Die vuurwapens is gekonfiskeer.

Naidu sê die situasie het verband gehou met taxigeweld wat Woensdag en Donderdag op Maclear en Mthatha uitgebreek het. Donderdag omstreeks 10:45 is ses mense in Sutherlandstraat op Mthatha gewond.

Die vuurwapens wat gekonfiskeer is, sal aan toetse onderwerp word. Klagtes van intimidasie, betreding en die oortreding van die wet op beheer van toegang tot openbare persele en voertuie is vir ondersoek geopen.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief