Twee dood toe voertuig tot in vulstasie rol

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – Twee persone is dood tydens ‘n ongeluk wat omstreeks 13:00 vandag op die North Coast-pad, naby Krishnaweg by ‘n vulstasie gebeur het.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die enkelvoertuigongeluk het chaos veroorsaak toe die bestuurder van die voertuig onverklaarbaar beheer verloor, verskeie kere gerol en in ‘n vulstasie op sy wiele tot ruste gekom het. Twee mans was in die voertuig. Een van die insittendes is uit die voertuig geskiet en is dood verklaar. Die bestuurder van die voertuig was vasgekeer en is ook dood verklaar.

Jamieson sê die brandweer het met die vasgekeerde oorledene hulp verleen. Omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, is onbekend.

Die polisie was op die toneel en is besig met ‘n ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief