MPUMALANGA. – Ses mans het Saterdagaand omstreeks 19:30 gesterf toe ‘n voetganger getref, ‘n trompop-botsing plaasgevind en direk daarna nog ‘n voertuig op die R40-pad in Violent Bank in Bosboklaagte in ongelukke betrokke was.
Moeti Mmusi, woordvoerder vir die departement van van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê ‘n bakkie het ‘n voetganger getref wat daarna onderweg hospitaal toe oorlede is. Daarna het ‘n trompop-botsing tussen die bakkie en ‘n motor plaasgevind. Vier persone in die bakkie en een in die motor is oorlede. Die bakkie het daarna met ‘n minibustaxi gebots. Die bestuurder van die bakkie sowel as passasiers in die taxi het beserings van gering tot ernstig opgedoen en is na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas.
‘n Ondersoek na die ongelukke is aan die gang.





