MONACO. – ‘n Video van ‘n kragboot wat Sondag tydens die Monaco GP in die Port Hercule-hawe chaos veroorsaak het, is wyd versprei.
NSRI sê ‘n afsnyskakelaar (kill switch) moet altyd gedra word wanneer die enjin van ‘n kragboot steeds luier. In die video wat tans viraal is, kan gesien word hoe die boot teen ander bote stamp en dan op die vasmeerpier tot stilstand kom. Die skipper het moontlik oorboord geval terwyl die enjin op spoed was.
Geen beserings is aangemeld nie en ‘n omstander het op die bood geklim om die enjin af te skakel.
NSRI beveel aan die afsnyskakelaar moet gereeld getoets word om insidente te voorkom.





