Nutsman trek vroue na bewering ’n streep

Lees ook :

Nutsman trek vroue na bewering ’n streep. Foto's: Rusa

eTHEKWINI, KZN. – Drie vroue is na bewering van onderdele van elektroniese toestelle ter waarde van R1 800 beroof toe die nutsman wat hulle gehuur het alles behalwe sy werk gedoen het.

Volgens Reaction Unit South Africa het die drie vroue op verskillende geleenthede die afgelope week die nutsman gekontak om onder andere wasmasjiene en ’n mikrogolf te herstel.

Die nutsman het sy diens gelewer en betaling gekry. Al drie vroue is aangesê om die elektroniese toestelle eers na ’n uur aan te skakel. Hulle het gevind dat die toestelle nie werk nie. In plaas van dit regmaak, het hy na bewering onderdele uitgehaal.

Die verdagte het die vroue se oproepe geblok en sy foon is sedertdien afgeskakel.

Bron: Reaction Unit South Africa

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief