Brekende Nuus
Afrikaans

Studie bevind Suid-Afrikaners is die vriendelikste nasie

Studie bevind Suid-Afrikaners is die vriendelikste nasie. Foto ter illustrasie: Canva
Studie bevind Suid-Afrikaners is die vriendelikste nasie. Foto ter illustrasie: Canva

Hoe vriendelik is jy met toeriste in ons land? ’n Onlangse studie deur die webtuiste Remitly het bevind Suid-Afrikaners is die vriendelikste nasie ter wêreld.

Die studie wat deur die Verenigde Koninkryk se Remitly-agentskap gedoen is, het gebruik gemaak van die Big 5-persoonlikheidstoets waar daar hoofsaaklik op die aangenaamheidsfaktor van verskillende nasies gefokus is. Om en by 3 000 deelnemers van regoor die wêreld het aan die studie deelgeneem.

Suid-Afrika het die eerste posisie behaal, met Griekeland in die tweede plek en Kroasië wat die derde plek verower het.

Bronne: Getaway Magazine, IOL