POTCHEFSTROOM, NOORDWES. – Die Around the World Wedding and Function Venue se kantore buite Potchefstroom het Maandagaand vlam gevat.
Volgens die venue is dit net die kantore wat in puin gelê is. Die plaashuis en venue self is ongedeerd.
Nooddienste het spoedig reageer deur binne 28 minute na die eerste oproep op die toneel te wees. Die venue is op die Katdoornboschplaas 27 km buite Potchefstroom op die Carletonville-pad geleë.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekendgemaak nie.
Leandro de Beer het die volgende foto’s op Facebook gedeel:


Bronne: Around the World Wedding and Function Venue, Leandro de Beer – Facebook

