Gekaapte vragmotor en vrag teruggevind, ses in aanhouding

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORD-KAAP. – ‘n Gekaapte vragmotor ter waarde van R900 000 met ‘n vrag kruideniersware van ongeveer R2 m. is Dinsdagmiddag by ‘n huis in Galeshewe teruggevind. Ses verdagtes is in hegtenis.

Brig. Mashay Gamieldien sê die Prieska-stasiebevelvoerder het inligting van die vragmotor en goedere wat glo na sy stasiewyk op pad is, ontvang. Inligting is aan die provinsiale hoof van georganiseerde misdaadondersoeke gegee. Lede wat verkiesingsdiens in Kimberley-area verrig het, het binne minute die vragmotor begin soek en omstreeks 16:30 by die huis opgespoor. Ses mans was besig om die vrag af te laai. Die verdagtes, van wie een ‘n herhaalde oortreder is, is in hegtenis geneem en die vragmotor en goedere is gekonfiskeer.

Gamieldien sê die verdagtes is van kaping en die besit van vermoedelik gesteelde goedere aangekla en sal na verwagting binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Koliswa Otolo het die verskeie polisie-eenhede vir die vinnige optrede en suksesvolle inhegtenisneming geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief