DURBAN, KZN. – Een kind (7) is dood en verskeie beseer tydens ’n ongeluk vroegoggend in Inandaweg in die Newlands-gebied noord van Durban.
Nooddienste is nog op die toneel.
Die oorsaak van die ongeluk en die graad en aantal beserings is nog nie bekendgemaak nie.
Bron: ALS





