Aanhangers van Afrikaanse musiek in die buiteland het onlangs gewys hulle bloed is Afrikaans toe Bobby van Jaarsveld, Jo Black en Refentse ’n oorsese draai gaan maak het.
Afrikaans is lekker word wêreldwyd met AfriForum Wêreldwyd en South African Events se ondersteuning aangebied. Die drie kunstenaars het in Dubai, Amsterdam en Londen opgetree en die skares met hulle grootste treffers vermaak. Elke vertoning het groot aftrek gekry.
Jo en Refenste gaan op 1 en 2 Junie Kanada met hulle vertonings in Calgary en Vancouver op horings neem.
Volgens AfriForum Wêreldwyd en South African Events is hulle toegewyd om geleenthede te skep waar mense in die buiteland kan saamkom en deel kan bly van hulle kultuur en terselfdertyd nuwe herinneringe skep.


Bronne: AfriForum Wêreldwyd, Facebeook, South African Events





