NWU-student onskuldig aan haatspraak

Lees ook :

Ronald Peters bestuurder van AfriForum Jeug en Shaun Christie. Foto: AfriForum

POTCHEFSTROOM, NOORDWES. – Shaun Christie, ’n vierdejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus, is onskuldig bevind aan haatspraak nadat hy aan die begin van die jaar ’n oriënteringsprogram ontwrig het.

Christie is net skuldig bevind op die aanklag dat hy ’n universiteitsprogram ontwrig het. Hy was vir weke deel van ’n dissiplinêre verhoor nadat hy aanvanklik in Januarie tydelik geskors is. Sy skorsing is gedeeltelik opgehef sodat hy klasse kon bywoon.

Hy het hom tydens die oriënteringsessie van die eerstejaars uitgelaat oor Christene wat nie veilig voel om oor hulle geloof te praat nie, maar dat daar ruimte gebied word om oor genderkwessies te praat.

Ronald Peters, bestuurder van AfriForum Jeug, wat namens Christie opgetree het, sê hulle is dankbaar dat hy sy studies kan voortsit en hulle is tevrede met die uitslag.

Christie sê hy het dit nie vir homself gedoen nie. “Ek het hierdie nie vir myself gedoen nie, maar vir diegene wat nie ’n stem het nie, vir die toekomstige geslagte en vir die toekoms van die onderwysstelsel in Suid-Afrika.

Nuusflits het voorheen oor die voorval berig.

Bron: AfriForum

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief