NWU-student se dissiplinêre verhoor begin vandag

Lees ook :

NWU-student se dissiplinêre verhoor begin vandag. Foto's: NWU en AfriForum Jeug

POTCHEFSTROOM, NOORDWES. – Shaun Christie, ’n senior regsstudent aan die Noordwes-Universiteit (NWU) wat tydens ’n oriënteringsessie beswaar teen die inhoud gemaak het, se dissiplinêre verhoor begin vandag.

Christie is aanvanklik op 7 Februarie, ’n dag na die voorval in die amfiteater, tydelik geskors. Sy skorsing is egter op 13 Februarie gedeeltelik opgehef. AfriForum Jeug tree as Christie se verteenwoordiger op.

Die NWU het vroeër aangekondig Christie word op vyf aanklagte van wangedrag aangekla.

Die vyf aanklagte is:

  1. Haatspraak – hy het glo studente aangehits om teen die LGBTQIAP+-gemeenskap op te staan.
  2. Die ontwrigting van ’n universiteitsprogram.
  3. Die skend van die regte van die spreker, Chloe Valerie van der Walt.
  4. Die skuldig maak aan die vyandige behandeling van die LGBTQIAP+-gemeenskap.
  5. Die wederregtelike en valse uitlating rakende die NWU se beweerde onverdraagsaamheid teenoor Christelike waardes.

Ronald Peters, AfriForum Jeug-bestuurder, meen die universiteit misken Christie se reg tot vryheid van spraak en assosiasie deur die genoemde aanklagtes teen hom te bring.

Christie se verhoor sal na verwagting drie dae duur.

Bronne: AfriForum Jeug, NWU

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief