VERULAMM, KZN. – ’n Tweejarige kind en volwasse man is Saterdagmiddag beseer toe die motor waarin hulle was op die R102 in Verulam, KZN, omgeslaan het.
Die bestuurder van die VW Jetta het saam met sy twee kinders van twee en agt jaar oud, en ’n vriend na Tongaat gereis. Volgens hom het hy beheer oor die voertuig verloor en teen ’n metaalversperring gebots.
Die motor het omgeslaan en in die aankomende verkeer se baan tot stilstand gekom.
Een van die mans en die tweejarige is op die toneel gestabiliseer en na ’n hospitaal vervoer.
Bronne: Reaction Unit South Africa





