ANC sê elkeen se stem moet gerespekteer word  

Lees ook :

ANC sê elkeen se stem moet gerespekteer word. Foto: Skermgreep - ANC/X

Die African National Congress (ANC) se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het Sondagoggend die media toegespreek rakende die verwagte verkiesingsuitslae wat vanaand om 18:00 bekendgemaak gaan word.

Hy het begin deur almal wat gestem het, te bedank. Veral diegene wat vir lank in toue gestaan het om te stem.

’n Oproep is op Suid-Afrikaners gemaak om weerstand te bied teen diegene wat die demokrasie volgens die ANC wil ondermyn en verswak. Hulle sê dat hulle sal saamstaan teen diegene wat dreig met geweld en onstabiliteit.

Volgens die ANC sal die nasie wys dat hulle net soos in die verlede nie enige bedreiging vir ’n demokratiese Suid-Afrika sal aanvaar nie.

Die party vra hulle ondersteuners om elke Suid-Afrikaner se stem en wense te respekteer wat tydens die verkiesing gemaak is.

Mbalula sê die ANC het die meerderheid stemme in ses provinsies gekry. Hy meen die miljoene Suid-Afrikaners wat vir die party gestem het, het gesien wat die ANC doen om beurtkrag te beëindig, infrastruktuurplanne deur te voer en om werksgeleenthede te skep.

“The African National Congress commends the people of South Africa for once again demonstrating the strength and vibrancy of our democracy. While we still await the formal announcement of results by the IEC, it is clear that the ANC has won the most votes and remains the most popular party in South Africa,” sê Fikile.

Bron: ANC, X

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief