MK-party beweer hulle het stembokse in bosse gevind

Lees ook :

MK-party beweer hulle het stembokse in bosse gevind
MK-party beweer hulle het stembokse in bosse gevind fotokrediet: X

Lees ook: Verskeie in hegtenis vir misdaad tydens verkiesing

ERMELO, MPUMALANGA. – Die MK-party het beweer hulle het vernietigde, gebrande stembokse in die bosse by Ermelo gekry.

Die party het gister ’n plasing op X gemaak waar hulle foto’s en video’s geplaas het van waar hulle na bewering die bokse gekry het.

In die plasing beweer hulle daar was soortgelyke “taktieke” in KwaZulu-Natal en Gauteng en dis hoekom hulle wil hê daar moet weer gestem word.

Jacob Zuma is Saterdag na die OVK-kantoor in Midrand gegaan om te eis die verkiesingsuitslae moenie aangekondig word nie. Hy het glo gesê sy party het nog inligting wat hulle moet gee.

Die verkiesingsuitslae is gisteraand bekendgemaak en is “regverdig en vry” verklaar.

Bronne: X, The Citizen, County Local News

Lees ook: Verskeie in hegtenis vir misdaad tydens verkiesing

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief